CORRECT LYRICS

Lyrics : Hou net vas

Hou Net Vas

Ek weet nie meer of jy die stilte kan erken nie
En of ons die oorlog gaan kan wen nie
Hou net vas
Hou net vas

In eenvoud kry ons koud
Met oop wonde vol bloed en benoud
Jou jare van strale in gedagtes vasgebrand
Die grootste prys betaal vir goud en sand

Ek weet nie meer of jy die stilte kan erken nie
En of ons die oorlog gaan kan wen nie
Hou net vas
Hou net vas

Die wolke wen my hart se wense
Sonsak-drome sonder grense
Hier wil ek tot in ewigheid bly
Hier voel ek uiteindelik bevry

Ek weet nie meer of jy die stilte kan erken nie
En of ons die oorlog gaan kan wen nie
Hou net vas
Hou net vas

Ek weet nie meer of jy die stilte kan erken nie
Hou net vas
Hou net vas
Want vir altyd, vir altyd is vandag